1,433 research outputs found
Ferdinand Postma : ’n Herinnering*
Onder hierdie drie woorde wil ek saamvat hoc professor Postma in sy huis en in die publiek opgetree het. Ek kan baie dinge wat hy gedoen het goed onthou. Sommige is kleiner dingetjies, maar wat tog tiperend is van ’n per- soon wat vastigheid onder eie voete gehad het en dit beklemtoon het as eis vir die lewe. Hierdie drie woorde het hy gebruik by ’n geleentheid toe hy gelukwense gerig het aan huwelikspaartjies, en onmiddellik lees u daarin nie die ligsinnigheid en fleurigheid wat soms grapmakenderwys in sulke omstan- dighede geuiter word nie. Die huwelik is ’n begin van ’n nuwe lewe en sy kenmerke moet wees: tydhou, koershou en aanhou
Die staat en die semi-staatsinstellinge 'n vraagstuk van vryheid en beheer*
Die onderw erp wat vir bespreking by hierdie geleentheid gekies is, staan in verband m et die sake van ons eie tyd en ons eie land. Ons eie tydsom standighede kom ter sprake deurdat die verskynsel van die sem i-staatsinstellinge kenm erkend van die tw intigste eeu is. Dit het naam lik betrekking op die huidige staatstaak, en dien as voorbeeld van die aanpassing en uit- bouing van die staat se organisasie om dié taak te kan uit- voer. Gesien die belangrike rol wat die staat tans speel, be- hoort die soeklig op sy werksaam hede en organisasie na my mening by te dra tot ’n beter begrip van die tyd en die wêreld waarin ons lewe
Enkele grondleggende gedagtes oor die sosiale studie-leergang vir die Transvaalse laerskole
In ’n vorige artikel is op grond van ’n samevattende prinsipieel-kritiese beskouing ’n antitese van die gangbare opvatting en toepassing van die Sosiale Studies van Amerika en Engeland gegee
Literatuur en lewensbeskouing — met besondere verwysing na die moderne afrikaanse kunsprosa*
Een van die belangrikste sake wat vir ons opnuut geak- tualiseer is deur tendensies in die hedendaagse Afrikaanse letterkunde ên veral deur die bekroning met die Hertzogprys van Sewe dae by die Silbersteins, is die verhouding tussen lewensbeskouing en kunsbeskouing in die algemeen, en meer in besonder dié tussen lewensbeskouing en letterkunde. Hier die laasgenoemde aspek wil ek graag behandel, maar dan in sy konteks en slegs so volledig as wat die tydsbeperking my toelaat
Prinsipiële kritiek op die sosiale studies.
Op grond van die skrywer se onlangse navorsing oor ,,’n Historiesprinsipiële beskouing oor die opkoms, die veld van ondersoek en die betekenis van die Opvoedkundige Sosiologie, met spesiale verwysing na die Laerskool” , wil hy die leser die een en ander omtrent sy bevindinge meedeel
Jesus van Naseret- Jesus Christus
Inderdaad is daar hier 'n spanning in die christologie van Barth. U voel dit wel aan in hierdie benaming wat werklik so gekies is. Dit is twee bestaanswyses van die tweede Persoon in die Heilige Drie-eenheid. Laat die woord bestaanswyses ook nie vreemd in ons ore klink nie, want dit is nie vreemd aan Barth se stelsel nie. lmmers die drie Persone in die H. Drie-eenheid, elk met 'n besondere werksaamheid, is ook drie bestaanswyses. Ons het hier dus modaliteite in die Drie-eenheid en hoor dus vreemde taal, omdat Gods Woord tot ons spreek van God as syn
Bied die skrif heilsgeskiedenis
Dit skyn so ’n vanselfsprekende feit te wees dat ons dit maar kail aanvaar, en tog het daar ’n ander begtip na vore gekom wat nader ontleed moet word. Hierdie begrip "heilsgeskiedenis” is nie die gewone cen wat tot dusver gebruik is nie. Ons bet altyd gespreek van .,openbaringsgeskiedenis” wat in die Skrif gevind word en met baie groot vrymoedigheid kan ’n bevestigende antwoord gegee word, as hierdie ou bekende begrip hierbo voor die vraagteken gestaan het. Maar is openbaringsgeskiedenis dan volkome identies met heilsgeskiedenis? Het bier ’n wending gekom en is dit ’n wending wat verwelkom moet word, in die sin dat dit ’n suiwerder formulering bied? Of, en dit kan ook waar wees,  het ons hier 'n wysiging in ons opvatting aangaande die Heilige Skrif, ’n gevaarlike neiging, waarvoor ons op ons boede moet wees
- …